Logos Multilingual Portal

Select Language



[ No Biography for this Author ]

as egpare nie saam gewoon het nie ,sou daar meer gelukkige huwelike gewees het
daar is altyd \'n bietjie waansinnigheid in die liefde; maar daar is altyd ook \'n bietjie redelikheid in waansin
daar is geen feite nie, slegs interpretasies
die aarde het \'n vel; en hierdie vel het siektes. Een van hierdie siektes word byvoorbeeld genoem \'mens\'
die christelike besluit om die wêreld as lelik en sleg te beskou het die wêreld lelik en sleg gemaak – Friedrich Nietzsche
die funksie van straf is die opheffing van dié wat dit uitdeel
digters behandel hulle ervarings skaamteloos: hulle buit hulle uit
eerlik gesê, af en toe is dit nodig om jou te vererg sodat alle reg verloop
elke oortuiging is \'n gevangenis
en ons sou elke waarheid as vals moet bestempel wat nie met \'n lagbui gepaard gaan nie
en wat vroeër “om Gods wil” gedoen is, word nou ter wille van geld gedoen, dit wil sê ter wille daarvan wat nou in die hoogste mate magsgevoel en ’n goeie gewete gee
hoe hoër ons ons verhef, hoe kleiner lyk ons vir diegene wat nie kan vlieg nie
hoeveel waarheid verdra, hoeveel waarheid waag ʼn gees? Elke prestasie, elke tree voorwaarts in kennis spruit uit moed, uit strengheid teenoor jouself, uit sindelikheid teenoor jouself
mense is nie skaam om iets vuils te bedink nie, maar hulle is skaam wanneer hulle hulle verbeel dat ander mag dink dat hulle in staat is tot sulke vuil gedagtes
om ’n mens se styl te verbeter, verfyn jou eie denkwyse
ons is lief vir die lewe, nie omdat ons gewoond is aan lewe nie, maar omdat ons gewoond is aan liefhê
oortuigings is gevaarliker vyande van die waarheid as leuens
selfs ’n mens se gedagtes kan nie ten volle in woorde weergegee word nie
toename in wysheid kan akkuraat gemeet word aan die ooreenstemmende afname in woede
waansin kom selde voor by individue – maar by groepe, nasies en rasse is dit die reël
wantrou enige idee wat nie ontstaan het gedurende \'n wandeling nie
\'n mens hoor net vrae waarop jy \'n antwoord kan vind